Frogtoon Music

Huis Toe by Beeskraal

Artist Biography For Beeskraal

DAAR Is ’n Paar Dinge Wat Die Manne Van Beeskraal Wil Regkry Maar Hulle Wil Veral Afrikaanse Rock Gewilder Maak. ‘‘Rock In Amerika Is Net So Groot Soos Enige Ander Soort Musiek Maar In Suid-Afrika Moet Ons Nog Baie Doen Om So Ver Te Vorder ’’ Sê Charles Smidt Die Sanger- Kitaarspeler Van Die Groep. Werner Fensham – Of Zippo Soos Almal Hom Noem – Is Die Baskitaarspeler Michael Van Zyl Speel Tromme En Jaco Van Deventer Wat Al So Drie Jaar Soms Saam Met Die Groep Opgetree Het En Die Afgelope Drie Maande ’n Vaste Lid Is Speel Ritmekitaar En Konsertina. Baie Mense Het Eers Gedink Beeskraal Is Net ’n Foefie. Hoe Kan Rock-Musiek Met ’n Konsertina Daarby Klink? Maar Toe Behaal Die Groep Sukses Geraas- En Kanna-Toekennings ’n Sama-Benoeming. Hulle Is Ál Afrikaanse Groep Wat Deur Die Regering Gevra Is Om In 2002 Op Die World Food Hunger-Konsert Op Te Tree. In 2002 Was Hulle Ook Deel Van Die Vryheidsdagvierings Voor ’n Reuse Skare By Die Uniegebou In Pretoria. Die Groep Se Derde CD Plaasdorp Is In Verlede Junie Uitgereik En Het Reeds Verkope Van Meer As 15 000 Gehaal. ‘‘Ons Wil ’n Bietjie Wegbeweeg Van Die Boeremusiek-Rock En Meer Volwasse Rock Maak ’’ Verduidelik Charles. ‘‘Verandering Is Goed En Ek Glo Die Groep Sal Daardeur Groei.’’ Vir Hulle Is Die Onmin Onder Sommige Afrikaanse Kunstenaars ’n Onding. ‘‘Daar Moet Nie ’n Skeidslyn Tussen Kunstenaars Wees Nie ’’ Sê Michael. ‘‘Daar Is ’n Plekkie In Die Son Vir Almal.’’ Dit Pla Hulle Dat Sukses Gemeet Word Aan Die Mense Met Wie Jy Omgaan. ‘‘Mense Kan Maklik Hul Neus Optrek Vir ’n Ander Ou Se Musiek ’’ Sê Charles. ‘‘Maar Die Mark Is Te Klein Om ’n Beswaar Teen ’n Ander Kunstenaar Se Musiek Te Hê. Ons Almal Wil Tog Net Musiek Maak.’’ Hulle Besef Ook Daar Is Nog Nie Werklik ’n Ware Suid-Afrikaanse Klank Nie Maar Is Bereid Om Hard Te Werk Om Dit Te Skep. ‘‘Almal Kla Daaroor Maar Min Mense Doen Werklik Iets Daaraan ’’ Sê Charles. ‘‘As Meer Kunstenaars Begin Brûe Bou Sal Dit Gouer Gebeur.’’ ’n Groot Hoogtepunt Vir Beeskraal Was Toe België Se Regering Hulle Verlede Jaar Genooi Het Om Daar Op Te Tree. ‘‘Twee Van Ons Liedjies Word Op Radio Brussel Gespeel En ’n Hermengsel Van Zol Is ’n Groot Treffer In Die Stad Se Dansklubs ’’ Vertel Charles. ‘‘Daar Is ’n Beeskraal-Manie In Brussel Wat Wonderlik Is.’’ Die Groep Beplan Juis Om Later Vanjaar ’n Draai In Londen Brussel En Nederland Te Maak. ‘‘Ek Glo ’n Klank Soos Ons S’n Kan Internasionaal Gewild Word ’’ Sê Michael. Een Van Hul Ander Mikpunte Is Om Op Die Oorsese Afrikaanse Feeste In Onder Meer Londen En Kanada Op Te Tree. ‘‘Dan Sal Ons Natuurlik Baie Graag Goud Wil Haal Met Een Van Ons Albums ’’ Sê Charles. ‘‘Platinum Sal Beter Wees ’’ Voeg Zippo Dadelik By. Hulle Is Oorgehaal Vir Die Volgende CD En ’n Hele Paar Liedjies Is Reg Om Opgeneem Te Word. ‘‘Ons Sukkel Nog ’n Bietjie Met Die Idee Dat Mense Dink Dat As Jy Musiek Maak Jy Dwelms Moet Gebruik ’’ Sê Charles. ‘‘Ons Is Nie So Nie En Sorg Altyd Dat Ons Huis Skoon Is.’’

49 Similar Tracks:

Music Tags for Huis toe:

HOME BEESKRAAL
POPULAR TRACKS MIXES ALBUMS
Video 1 : 50