Frogtoon Music

Sy Sê by Die Tuindwergies

Artist Biography For Die Tuindwergies

Hierdie Groep Herdefinieër Die Term “Tuindwergie”. Al Wat Hulle In Gemeen Het Met Die Tradisionele Verwysing Is Dat Meeste Van Die Lede Nie Veel Hoër Staan As Die Tradisionele Keramiekdwergies In Mense Se Tuine Nie.
Die Samestelling Van Die Groep Is Wiskundig Eenvoudig. 2 Broers 2 Broers 4 Bra’s. Pieter De Jager Is Die Vocalist En Akoestiese Kitaarspeler In Die Band – Ook Bekend As Die Kort Dwerg. Hy Was Voorheen Deel Van Die Groep “Revolusie” - Het Baskitaar En Backing Vocals Gedoen En Lirieke Geskryf Nou Ook Vir Die Dwerge . Jean Swiegers Is Die Drommer - Ook Bekend As De Dwerg. Hy Het Eers Gespeel Vir Die Groep “Vermoor Jou Vriende” Die 2007 Noorde Rockspaaider Wenners En Toe Later By “Revolusie” Aangesluit. Hy Tree Ook Soms Saam Met Swiegers Senior Op. Dawie De Jager Ook Bekend As Die Berg Dwerg Speel Baskitaar Vir Die Band. Hy Is Ook Reeds Die Afgelope 7 Jaar Lead Kitaarspeler Vir “Klopjag”. Hierdie Groep Het Reeds Duidelike Spore In Die Afrikaanse Musiekindustrie Nagelaat. Dawie Is Waarskynlik Die Rustigste En Mees Argelose Dwerg. Daar Bestaan Ook Geen Twyfel Omtrent Die Magiese Uitwerking Wat Sy Baard Op Die Minder-Harige Geslag Het Nie. Emile Swiegers - Die Lang Dwerg - Speel Lead Guitar Skryf Songs En Doen Backing Vocals Vir Die Tuindwergies. Hy Was Ook Voorheen Deel Van Die Band “Revolusie” En Speel Sedert Hy 14 Jr Oud Was Vir Swiegers Senior. ‘n Debuut EP Deur Die Tuindwergies Is Uitgereik 1 November 2009 Genaamd “Tuis Gekweek”. Dit Het Baie Verwagtinge Oortree Met Die Songs ‘Sy Sê’ & ‘Kopskudkinders’. Die Twee Singles Was #1 Op Die SA Top 30 En #1 Op Most Requested Tune Vir 3 Weke Op Tuks FM. Die Debuut Singles Het Ook Goed Gedoen Op Ander Kampus Stasies MFM Kovsie FM Puk FM Ens. En Word Selfs Op Jacaranda En RSG Gespeel.
‘Opvoeding & Leiding’ Die 3de Single Van Die Album Verskyn Van 29 Sept 2010 Af Op Nationale TV MK & KykNet Die Tuindwergies Fluweer By Feeste Soos Aardklop KKNK Strab Oppikoppi Avontoer Dwerg Fees Ens. Publikasie Gewys Het Hulle Al In Die Beeld JIP Perdeby Kampus Beeld Die Burger Rooi Rose Ens. Vele Kere Verskyn. Wat Multimedia Betref. Die Musiek Video’s ‘Kopskudkinders’ & ‘Sy Sê’ Speel Op MK Sowel As KykNet En Verskyn Op Die Uiters Gewilde KykNet Program Jukebox. Asook SA Se Grootste Sepie 7de Laan Het Die Tuindwergies Benader Om In Die Klub Te Verskyn 16 Augustus 2010 . ‘Sy Sê’ En ‘As Jy Val’ Is Ook Gekies Vir Die 7de Laan Rocks Kompilasie CD. ‘Kry Ek Jou Aan De Ander Kant’ Van Die Album Is Nou Ook Die Tema Lied Vir ‘n Nuwe Series Op KykNet. ‘Kopskudkinders’ Verskyn Op MK Se ‘Greatest Hits’ CD ‘MK Hoordosis 5'. 21 Augustus 2010 Is Hulle Eerste Debuut Album Release ‘Die Tuindwergies’ ‘n Baie Belowende Album Wat ‘n Positiewe Boodskap Met Melankoliese Melodieë En ‘n Progressive Van Stadige- Deur Tot Up-Tempo Grooves Projekteer. Die Album Spog Met ‘n Wye Diversiteit Van Musiek Style Country Rock Funk Alternative Pop African Grooves ‘Die Tuindwergies’ Is Op Die Online Music Stores ‘Take Two’ En ‘Rhythm Online Music Store’ Se Top Sellers. Die Tuindwergies Sorg Definitief Vir ‘n Nuwe Feel ‘n Dwerg-Feel In Die SA Musiek Industrie. Die Tuindwergies Se Musiek Groove Sonner Pretensie - Dit Bring Beslis Nuwe Klank En Energie Na Die Afrikaanse Musiekpartytjie Wat Min Of Meer Uitgekuier Is. Onskuldige Melodiese Groove Vir Enige Navrae / Bookings Jana De Beer Langpad Produksies 082 883 8355 Langpadpro@gmail.Com

49 Similar Tracks:

HOME DIE TUINDWERGIES
POPULAR TRACKS MIXES ALBUMS
Video 1 : 50